Christiaan Willem (Chris) en Geertruida Zacharyda Magdalena (Baba, geb. Prinsloo) Winterbach, die stigters van die Lydenburg Vastrappers, was gebore en getoë Lydenburgers. Die lede van hierdie orkes het reeds vroeg in die 20ste eeu begin musiek maak.
Chris en Baba het spontaan saam met Chris Chomse musiek begin maak en later het Klaas Erasmus, die seun van die Voortrekker Abel Erasmus, saam begin speel.

Chris en Baba Winterbach

Gedenknaald op die hoek van Voortrekker- en Viljoenstraat
in Lydenburg
Meer inligting op hierdie webblad van die Lydenburgse Vastrappers.