AANKOMS VAN DIE EERSTE WINTERBACH IN SUID-AFRIKA

Ship in Table Bay

Met die skip „Overschie” het die eerste Winterbach, die 23-jarige Johann Carl, as een van 88 soldate uit Europa in Suid-Afrika aangekom en hy word beskou as die „Stamvader” van die Winterbachs in Suid-Afrika.

Die 850-ton skip is in 1745 in Delft gebou en het op 23 Oktober 1756 uit Goeree in die Nederlande vertrek op sy tog na Batavië (vandag genoem Jakarta in Indonesië) met Pieter Kronenburg as kaptein. Die vaartnommer was 3681.4

Op Sondag, 13 Februarie 1757 het die skip in Kaapstad aangekom waarna voorraad en passasiers op- en afgelaai is. Elf soldate het ook hier afgeklim om in die garnisoen in Kaapstad vir diens aan te meld. Die jonge Johann was een van hulle.

Die res van sy geskiedenis kan op die Herkoms-blad gelees word.

Verdere inligting oor die Overschie kan hier gelees word.