DIE HERINNERINGE VAN KOMMANDANT J. CAREL WINTERBACH

(1850 – 1907)


 

Inleiding

       Lewenskets en afkoms: Johan Carel Winterbach [ind00012], die skrywer van die „Herinneringe”, is op 11 Desember 1850 in Tulbagh gebore. Omstreeks 1870 het hy hom in die omgewing van Lydenburg gevestig. Na sy huwelik in 1874 het hy op die plaas Boshoek (sowat 10 myl wes van Lydenburg) gaan woon. In 1886 het hy as kommandant van die Rydende Polisie na Barberton verhuis. Oor sy aandeel aan verskillende kafferoorloë en die twee Vryheidsoorloë gee hy self die besonderhede in sy „Herinneringe”. Na die Tweede Vryheidsoorlog het hy 'n tydlank op die plaas De Groote Boom (aan Spekboomrivier) gewoon en daarna op die plaas Zwakwater. Weens siekte moes hy van hier vervoer word na Lydenburg alwaar hy op 17 Augustus 1907 oorlede is en in die dorpskerkhof begrawe is.

      In sy geslagsregister, wat hier weergegee word, verskyn die grootvader en grootmoeder van die kroniekskrywer onderskeidelik as Johan Carel Winterbach en Dorethea Elizabetha Theron. Hierdie twee persone word deur De Villiers as volg genoem:

Johannes Carel, gedoopt 27 Junie 1781, gehuwd 16 Augustus 1807 met Dorothea Elisabeth Theron[1] .

      Uit dieselfde bron blyk dit dat die stamvader in Suid-Afrika van hierdie geslag, die oor-grootvader van Komdt. Winterbach is. Hy was ook Johan Carel, van Kleef [2] , en het in 1757 na Suid-Afrika gekom. Hy is die eerste maal met Maria Wendel getroud en die tweede keer, op 12 Julie 1778, met Maria Magdalena Huysamer. Die kinders stam uit die tweede huwelik.

      Die volgende besonderhede is omtrent die stamvader bekend [3] :

Hy was kleremaker van beroep en het as soldaat met die skip „Overschie” aan die Kaap in 1757 geland. In 1778 het hy aansoek gedoen om 'n stukkie beboude grond (groot 29 morge 415 vk. roede) wat aan sy plaas Weltevreden, onder Wynberg, gegrens het. As Senior Luitenant van die „Invalides” en al die burger-magte, het hy in 1788 versoek om tot die rang van kaptein bevorder te word, in die plek van Meyer, wat afgetree het. Hy het verder gemeld dat hy reeds 30 jaar as burger diens gedoen het, dat hy in jare vorder en dat dit oorweeg kan word om hom van sy pos te onthef met die rang van kaptein in die Reserwemag.

       Geslagsregister: Die besonderhede wat hier volg, is ontleen aan 'n dokument wat opgestel is deur die kroniekskrywer se moeder en deur hom self in 1898 aangevul is.

Geslagsregister van Johan Carel Winterbach, geb. te Tulbagh op 11 Desember 1850, getroud te Lydenburg op 18 Mei 1874 met Susanna Jocina Malan, [4] geb. 18 Augustus 1851.
My grootouers:
Johan Carel Winterbach, getroud met Dorethea Elizabetha Theron.
My ouers:
Dirk Jacobus Winterbach, geb. 15 Februarie 1827, oorlede 31 Maart 1877, getroud in 1848 met Hester Francina Elizabetha Verster.
My broers:
  1. Izak Zarel, geb. 9 Julie 1852, getroud in 1881 met Anna M. Malherbe.
  2. Dirk Jacobus, geb. 6 Oktober 1853, getroud in 1881 met Maria M. Hougaard.
  3. Jacobus Petrus Johannes, geb. 2 Mei 1855, getroud in 1884 met Christina W. Hougaard.
  4. Hendrik Johannes, geb. 11 Maart 1857, oorlede 8 November 1881.
  5. Petrus Johannes. geb. 23 Oktober 1858, getroud in 1888 met Susanna J. Naudé.
  6. Louis George, geb. 10 September 1866, getroud in 1887 met Hester A. Schutte.
  7. Tobias Johannes, geb. 10 September 1866, getroud in 1890 met Johanna C. W. van Wyk
My susters:
  1. Susanna Philipina. geb. 29 Julie 1849, getroud in 1872 met W. Burger; oorlede 9 April 1876.
  2. Dorethea Elizabetha, geb. 8 September 1860, getroud in 1882 met Stefanus A. du Toit.
  3. Hester Francina Elizabetha, geb. 4 April 1864, getroud in 1888 met Jacob C. Theron.
  4. Johanna Maria Willemiena, geb. 4 April 1864, getroud in 1884 met Wouter J. Basson.
My seuns:
  1. 'n seun. geb. l April 1875. oorl. 2 April 1875.
  2. Dirk Jacobus. geb. 15 Mei 1876, oorl. 15 Junie 1876.
  3. Johan Carel. geb. 8 Junie 1883.
  4. 'n seun, geb. 8 Augustus 1885. oorl. 26 September 1885.
  5. Jacob Jacobus. geb. 5 Maart 1887, oorl 7 Mei 1887.
  6. Dirk Jacobus. geb. 18 April 1888.
My dogters:
  1. Maria Elizabetha, geb. 27 Mei 1877.
  2. Hester Francina Elizabeth, geb. 20 Mei 1881.
  3. Susanna Jocina, geb. 27 Mei 1890.

       Ontstaan van die „Herinneringe”: Komdt. Winterbach het soms van sy wedervaringe vertel in teenwoordigheid van 'n geneesheer en huisvriend, dr. A. van Niekerk. Laasgenoemde het telkens aangedring dat Winterbach moes neerskryf wat hy beleef het. Tenspyte van teenstribbeling en die verontskuldiging dat hy te onbeholpe met die pen is. het hy tog in 1905 op die plaas Zwakwater, die stuk geskryf wat hier volg. Dis alleenlik uit sy geheue opgestel.

       Die manuskrip: Die stuk is met potlood op foliopapier geskryf en is baie goed bewaar gebly. Dit beslaan 35 genummereerde bladsye benewens 'n tiental velle en stukkies papier met beskrywings wat klaarblyklik later ter aanvulling ingevoeg is. Behalwe dat bladsy 32 vermis word, skyn die teks volledig te wees. Daar is geen onleesbare lakunes nie en behalwe dat die letter „o” moeilik van „a” onderskei kan word. is die inhoud maklik leesbaar. Die manuskrip is goedgunstiglik deur Mnr. Dirk Winterbach, J. C. seun, geskenk aan die Argief te Pretoria, alwaar dit reeds bewaar word.

       Behandeling van die teks: Die voorskrifte van die Utrechtse Historiese Genootskap is uitgevoer met betrekking tot die skryfwyse van eiename en plekname, gebruik van hoofletters en die aanmekaarskryf van woorde. Verder is die teks, wat in sy oorspronklike vorm sonder leestekens is, gepunktueer, in paragrawe verdeel en van opskrifte, tussen ronde hakies, voorsien. Woorde wat skynbaar per abuis weggelaat is, is tussen ronde hakies „ (....) ” ingevoeg. Langs ongewone of duistere woorde is meer gebruiklike woorde tussen kantige hakies „ [....] ” ingevoeg.

       Bedanking: Vir verlof om die manuskrip te publiseer sowel as baie biografiese besonderhede, hier en in die voetnote vermeld. is die skrywer hiervan besondere dank verskuldig aan Mnr. Dirk Winterbach van Lydenburg en seun van die kroniekskrywer. Vir soortgelyke informasie dank ek ook prof. S. P. Engelbrecht. By die gereedmaking van die stuk vir die pers, word die waardevolle voorligting van dr. C. Beyers en prof. I. D. Bosman met dank erken.

- B. V. LOMBAARD.

Kmdt JC Winterbach
Kmdt. Johan Carel Winterbach omstreeks 1876

Berig in „Die Vaderland” van 27 Junie 1946.

Hierdie skilderagtige figuur uit die Republikeinse dae is komdt. Karel Winterbach, hoof van die grenspolisie van Swasieland. ”


Hier volg die „Herinneringe” wat begin met die opskrif: „In die Kaap-Kolonie”.

NOTA: Die stuk is woordeliks hier geplaas soos wat dit oorspronklik geskryf is. Ek maak byvoorbaat verskoning vir woorde wat sommige lesers dalk aanstootlik sou vind, maar só is daar gepraat in die tyd waarin dit geskryf is.

 

In die Kaap-Kolonie

      En ik was geboren in Tulbagh in 1850. Toen ik tien jaren oud was, daar myn ouders arm was, in het in de Kaap-Kolonie niet is zooals het hier was toen ik hier kwam, moes ik gaan werk by in ander. Zoo is ik grood moes worden: hard werk in zoms maar sleg behandelt geworden. Het is dikwyls geb(e)urt, zooals de gewoonte in de Kaap-Kolonie zyn, om ploegtyd voor dag te begin te ploeg, elk morgen, (en) dat ik met myn kaal voeten moes ploeg-lei – en dan nog sleg gekleed! Het is in de winter daar erg koud in het ryp ook in de nag veel. Dan is het daar niet zooals het hier zyn – safte grond in gras – neen, het is alles anoster bosse [renoster-bossies] in gruis grond. Nu kan men zelf begryp hou dat myn voete er uitzien. Klag help niet in by wie zal ik ook klaag?–ik ben ver van myn ouders! Dat ik het zwaar had, kan elk mensch begryp. In [en] wat dink u kryg ik in de maand? Schrik nu maar niet: 10/- per maand! Vandaar dat ik zoo dikwyls moes kaal voeten loop. Ik zal in kaffer bejammer als ik hem in zoo een toestand sien.

 

Na Kimberley en Transvaal

      In 1870 is ik na de diamand velden gegaan. Nadat ik daarin in tyd gewerk heb in uit alles wat ik verdient heb bedrogen zyn geworden, is ik met de heer C. C. Malan na de Transvaal.

      Wy was niet lang hier of de heer Malan wou in vrag goed wegstuir na de kaffer-land om te verhandel. Daar wy onbekend was met de kaffers, zoo besluit hy de heer J. Steyn [5] met de heer C. Botha te stuir na Zuwasland [Swasieland] met de vrag goed, maar dan moes ik gaan om de heer J. Steyn zyn plaats op te passen. Nadat ik omtren(t) in maand daar werkzaam was, had wy de ossen nodig – het was in het begin van Mei. Maar tevergeefs had wy 3 a 4 dagen gezoek toen wy tyding kryg dat de ossen – 7 in getal – op de plaats Naauwpoort voorby zyn. Daar het ossen was die de heer Steyn van Sekokoeni gekog heb, zoo was het zeker dat de ossen daarheen weg zyn gelopen. Wat nu gedaan? Ik ben in het geheel onbekend niet alleen met de land maar ook met de kaffers geaartyd [geaardheid]. Maar het kan niet anders, ik moes gaan.

 

Besoek aan Sekokoenie

      De oude heer J. J. Malan [6] geeft myn in donki in een kaffir van de stam van Sekokoeni die by hem werk. Daar de heer J. J. Malan zelf niet goed bekend was met Sekokoeni-land kan hy myn niet veel inligteng geven maar de twee broeders van J. Steyn zeg aan myn dat ik het in een dag kan afleg van Waterval [7] tot na Sekokoeni. Ik besluit toen om te gaan.

      J. Steyn had in jonge kaffir die hy groodgemaak heb in die vroeger eenmaal met zyn baas zaam was naar Sekokoeni. Ik neem hem ook met myn zaam. Ik regel myn plan toen zoo dat ik de eerste dag zal gaan tot by de laatsten menschen in de ander dag zal gaan tot by Sekokoeni, in dezelfde dag weer terug tot by dezelfde menschen. Zoo dag ik dan heb ik niet nodig om veel kos in geen beddegoed zaam te neem – ik neem niet eens in overjas met myn.

      Naauwpoort was de laatste plaats waar ik de nag meen te blyven, destyds bewoond door J. en A. Venter – brafe menschen! Maar voordat ik nog daar kwam kryg ik vlinke regend die myn doornad maak. Maar hou teleurgesteld was ik toen ik daar aankwam in van de heeren Venters verneem dat ik ook niet morgen avond by Sekokoeni kan komen. Zy trag myn toen om te halen om de nag daar te blyven maar ik wyger. Ik dag dat ik tog nu meer als een nag in de veld moet doorbringgen, zoo zal ik het myn maar laad gevallen. Ik gaad toen vord.

      In de verte zien ik in plek dik bossen. Ik besluid toen om daar de nag te blyfen. Ik was toen op de ossen zyn spoor. Het was al donker toen ik aankwam. Daar het nog regenachtig was, besluid ik met behulp van de twee kaffers zoo veel houd [hout] als ik maar kan, byeen te bringen. Ik maak de esel by myn aan in boom vas. Aan slaap was niet te dinken. Het was koud in nat. Het heb ook niet lang geduirt of ik kryg in besoek, maar niet van in mens maar van in leeuw! Hy blyft ook de gehele nag daar altoos rondom myn. Ik moes doen al wat ik kan om de esel vas te houden daar hy uit vrees voor de leeuw trag los te ruk. Ook de kaffers was erg bevrees in wil hebben dat ik moet schid [schiet]. Ik had in geweer – in tweeloop-voorlader – die gelaai was met hagel. Zoo was ik ook bang om te schid voordat wy niet in aanraking kamen maar zoo ver is het gelukkig niet gekomen. Zooals ik zeg, blyft hy altoos om myn tot de dag aanbreek toen hy teleurgesteld, maar tot myn blydschap, weggaan.

      Daar ik de geheel nag in de natte weer in zonder slaap moes doorbring, was ik de ander dag reg ziek. Maar ik trek vord op de sporen van de ossen tot by Steelpoort waar ik de sporen van de ossen verloren tusken de beeste van de kaffers. De nag had ik weer in bitter nag, niet met in leeuw, maar het was bitter koud, in zonder in kombaars!

      De volgende dag omtrend 4 uur in de namiddag kwam ik by Sekokoeni aan, nog maar ziek in nu al twee dagen zonder kos in byna dood van dors. Daar ik met de kaffers maniren geheel onbekend zyn, in de kaffer die ik by myn had my ook niet reg help, zoo gaad ik maar derek. Daar ik niet wetende dat Sekokoeni nimand toelaad tot hem te komen, voor hem van u koms in kennis te stel, zoo gaad ik dan – geen kwaad vermoed – totdat de kaffer die ik by myn had opeens gaan zied [zit] in zyn hande klappende. Toen zeg Stuirman: – diet is de naam van de kaffer die J. Steyn groodgemaak heb – „baas, diet is Sekokoeni!” Hy zied [zit] omtrend 4 a 5 voed van myn. Ik gaad ook seit [sit] op in klip naby hem zonder hem te groet. Hy geef dadelyk order in ik was omsingeld door om 100 gewapende kaffers. Ik vraag toen aan zyn tolk wat het meen. Hy geeft myn ten antwoord: „jy is in speoen in Sekokoeni wil u laad doodmaak.” Ik zeg aan de tolk, zeg aan Sekokoeni: „ik ben geen speoen maar ik is hier achter 7 ossen van J. Steyn die tusken zyn bees in zyn, in zeg hem als hy niet dadelyk de kaffers hier van myn weg order, schiet ik hem hier op de plek dood in dan kan van myn kom wat wil.” Daar ik zoo ziek was heb ik ook niets om myn dood gegeven. Hy order de kaffers toen weg maar hy gaad ook zelf weg.

      Intusken heb ik om water gevraag of om verlof om na de water te gaan hetwelk zy myn wygerd. Ik kryg op laats in wynig water waar ik 3 schoten kruit moes voor betaal. Ik vraag toen aan de tolk om in stuk vlees te koop. Hy zeg: „jy moet aan Sekokoeni laad vraag.” Ik zeg, „goed, gaad in vraag.” Hy kwam terug in vraag myn: „waarvoor wil u de vlees hebben, voor geld of kruid?” [kruit]. Ik zeg: „voor geld.” Hy laad myn weer vraag: „voor houveel geld?” Ik laad hem weet dat ik gewillig zyn te betaal wat hy vraag als ik maar in goede stuk vlees kan krygen. Hy laad myn weer weet dat ik eers de geld moet stuir. Ik stuir 5/-. Hy stuir myn omtrend een pond vlees. Het was duidelyk te zien dat de honde eraan gevreed heb!

      Terzelfte tyd kwam 6 a 8 gewapende kaffers in maak myn een kaffer vas – omdat hy myn daar ingebring heb – in zeg aan hem voor de zon morgen opkom zal hy dood wees. Toen neem de 6 gewapende kaffers myn in Stuirman in zeg dat op order van Sekokoeni zullen [zy] myn moet weg(neem) tot door in zeker nek, of poord, in als hy myn morgen nog in zyn land kryg hy myn zal laad doodmaak.

      De zon was toen geheel onder. Toen wy door genoemde poord was, was het al lang donker. Daar was ik toen in de donker in geheel onbekend met de land daar wy toen geheel op in ander pad was als waarmee wy gekomen was. Ook was daar geen houd [hout] te krygen – het was oude lande. Daar moes wy blyven tot de volgende morgen daar Stuirman niet zeker was in de donker waar wy was – een bitter lange nag op de natte turf grond te ziet [sit] zonder vuir, kos of komb(aa)rsen!

      De volgende morgen toen het dag was, kwam Stuirman reg [8] in wy gaad op ryst [reis]. In de namiddag kwam wy by in kafferkraal aan. Daar koop ik toen wat grondboonen. Wy was toen in geen pad maar neem in regte lyn naar Olifantsnek. Toen wy zeer laad in de avond – door de donker opgehouden – aan Steelpoortrivier kwam, bemerk ik spoedig dat de water aan de rysen zyn in dat daarvoor niets overblyft als de rivier door te gaan. Wy was toen by geen drif. Toen wy halfweg in de water was kwam daar stompe met de water af. Stuirman wert toen bang in zeg: „baas, ik draai om, de krokedel zal ons vang.” Ik zeg: „jy is mal, loop, het is stompe die op de water afkom.” Wy kwam gelukkig daar door. (Er) was volop van houd waarvan wy ook goed gebruik maak in maak ons toen goed warm in droog. De volgende dag is ik na huis gegaan maar moes Stuirman in Watervalsrivier by den heer J. Schutte [9] laten achterblyven – zyn voete was zoo zeer dat hy niet verder kon gaan.

      Omtrend 8 dagen nadat ik te huis was kwam de heer Steyn te huis. 8 dagen later is de heer Steyn in ik weder op rys gegaan na Sekokoeni. Maar diet maal hat het veel beter gegaan daar den heer Steyn niet alleen met de kaffers maar ook de land goed bekend zyn. In Sekokoeni was toen reg vrindelyk tegen ons. Hy beloof toen aan Steyn dat hy de ossen zal stuir. Behalve de 7 zal hy nog 20 ossen stuir waarvoor Steyn voor hem in wagen in een ploeg moet ruil. Maar daar is niets van gekomen. Steyn is later weer gegaan in voor de derde maal gegaan maar altoos met mooi beloftes van Sekokoeni teruggekomen, tot de orlog uitbrak met Sekokoeni.

 

Aanval op Johannes se stat

      Het was toen zoo geregeld dat de burgers van Pretoria in ander destrikte, Sekokoeni zal beveg in wy Lydenburgers met behulp van in kommando Emzwassis [Swasies] zal Johannes beveg – hy was in broeder van Sekokoeni. In door hem is de oorlog veitelyk ontstaan. Hy was woonachtig naby Lydenburg in de Noort ooste kand [10] van Lydenburg.

      Captyn Riedel werd toen van Pretoria hier heen gestuird met twee kanonnen in 4 a 5 a(r)teleristen met de opdrag dat hy hier van de jonge burgers moet zi(e)n te krygen om di(e)ns te doen by de kanonnen. Maar de burgers was eers bang daar zy dag dat zy dan ver goed in zuldaat moes blyven. Ik was toen de eerste die aansluid. Daarna heb veel ander ook aangesluit. Nadat wy in tydlang geo(e)ffend was, is J. de Villiers in ik aangezeg als kanonnirs, J. Lombard [11] in [en] Dassin als Sersands in de andere als bed(i)ende.

      De kaffer-komando is aangekomen, alles in order gemaak, krygsraad gehouden – waaraan twee kaffers deelneem – genraal Matafvan [Mataffin] in Matatejan. Er werd besloten dat wy burgers Johannes van de oostekand zal aanval in zyn schansen met de kanonnen zal stukkend schi(e)t; dan zal wy in vlag opsteek tot tekend dat zy moet aanval.

      Wy trek de dag voor de aanval tot in de nabyheid van Krugerspost vanwaar wy de volgende morgen om 2 (uur) vandaan trek naar Johannes. Ons Commandant, C. Coetzee, was niet bekend met de stan [stat?] van Johannes maar hy was verteld geworden dat wy daar zeer gemakelyk (kan) kom, maar het was geheel anders. Wy moes met de kanonnen over klippe in rotsen gaan. Het heeft ook niet lang geduirt of de disselboomen van den kanonnen was gebroken maar met behulp van de burgers gaad wy vord – de heer L. van der Merwe [12] heb hem zeer dapper gedragen in dit geval. Daar de kaffers van ons koms wis, heb het ook niet lang geduird, toen wy juis in een naauw plek was, val zy ons aan maar wy slaad [13] gelukkig daar tot op de kop vanwaar wy de stad moes beschid.

      Tot ons aller teleuirstelling veind wy dat tusken ons in de stad byna ontoegankelyke kloof was terwyl de kaffers die ons voorsad, gedurig op ons schiet van heel naby. Wy open toen in kanonvuir op de stad waarna de Commadant vraag of hier eimand was die de vlag wil opsteek maar dan moet hy met de vlag in een boom klim hetwelk zeer gevaarlyk was daar de kaffers niet meer als 100 treden tusken de das-klippen van ons was. Ik nam het op myn, klim in de boom met de vlag, maar blyft gelukkig ongedeert, waarna de kaffer-comando, volgens afspraak van de noordekand [14] de stad bestorm. Met groot verlies van levens gaad zy door de stad in verniel wat voor hem kwam. Behalve de kaffers die nog altoos op ons schied. in ook toe afgesny was van de stad, blyft in de stad ook nog veel kaffers over. Nadat de Zuwassis door de stad was trek zy zeer ontevrede vord na Lydenburg, daar de besluid was dat wy van ons kand ook zal storm, in wy kan het niet doen, daar de kloof ontoegankelyk zyn.

      Wy trek toen ook terug omtrend 3 uuir in de namiddag. Daar op diet plek zeer s(k)aars van water was, zyn wy byna al dood van dors. Om nu weg te komen met in kanon zonder disselboom! Hierin was Sarsand Lombard gelukkeger als ik. Met behulp van de burgers kamp [kwam] hy over de weg maar ik werd door een na de ander in de steek gelaad tot ik oplaats geheel alleen met de kanon in een paard overblyft. Ik maak toen de staard van de paard aan de kanon vas in span mynzelf langs de paard in – zoo is ik vord gegaan. Tot myn blydschap kwam de heer J. J. Kruger [15] later by myn in help myn tot in de lager waar wy om 11 uuir in de avond aankwam, doodmo(e)g in honger. Vandaar is ons lager getrokken anderkan(t) Ohrigstad, naar Zekwai. Vandaar weer terug, op in af, waarvoor weet ik nu nog niet. Ik dink daar was menschen die er voordeel by had.

 

Op verkenning

      Daar ik al moeg was om zoo werkeloos te zyn heb C. Schutte, [16] J. Deun in ik aangeboden om uit te gaan in te spoejon [spioen]. Wy onderneem het te voed te gaan van Ohrigstad tot waar Spekboom in Steelpoortrivier loop. Wy vind toen uit dat de beeste die wy meen daar te zyn, al weg was. In die tyd heb de kaffers uitgevonden dat ons daar zyn in heb ons gaan voorseit in de pad waarmeden wy ingekomen zyn. Maar tot ons geluk vind wy het nog in tyd uit. Wy neem toen in geheel ander rigting, in moes in de nag loop om ni(e)t gezien te worden. Het was erg donker vooral in de bosveld. Het gevolg hiervan was dan ook dat wy ons vasloop tegen in kaffer-hut. Gelukkig was zy in slaap. Wy loop toen zoo sag as wy kan achteruit maar altoos klaar om te s(ch)iet als zy mag uitkomen – het was voor dag, de morgen. De avond kwam wy in de lager aan waarop de lager toen opbreek in trek tot op Boomplaats.

 

Met President Burgers: 'n vals alarm

      Nadat wy daar in tyd gesta(a)n heb, wert ik met van de burgers, als waarnemende Commadant, met de twee kanonnen naar Burgersfort gestuird waar Presedent Burgers met zyn comando zyn. Nadat de ford klaar was, is daar vrywilligers in gelaad. De lager is toen opgebreek in trek met de oude pat Watervalsrivier uit.

      Op de plaats Olifantshoek is wy met Presedent Burgers met in 300 paarderuiters met in voedpad uitgekomen waar nu het wagenpad uitkomen. Toen wy op de berg kwam, niet zoo ver vanwaar ons lager staad, by Boomplaats, maak ik de aanmerken – daar de burgers juis in paar schoten gelos heb op in paar riedbokken – dat ik niet verwondert zal zyn als daar vandag in vals alarm in zal zyn. Daar de burgers ons goed uit de lager kan zien in ook de schoten kan hoor, zoo was het ook: de een zeg aan de ander: „daar kom de kaffers!”

      De heer Cooper, toen landderos van Lydenburg, was toevallig in de lager. De Commadant geef order om de kaffers ingemoet te gaan in de heer Cooper jaag na Lydenburg om raport te maak. Wy kwam met in voetpad, ik op de voorpuind [voor-punt] om pad te wys. Juis toen wy over in kliprand zouw gaan kwam de burgers ons tegen, juis waar zy wou in (a)anval maak. Zy was groot teluirgesteld toen zy sien dat het ook burgers zyn die zy bestorm. Een van de burgers verteld myn toen in de haas wat geb(e)urd zyn in dat de landderos na Lydenburg zyn om rapord te maak. Ik zeg toen aan hem: „jaag naar de lager in zeg a(a)n de Commandant dat de Presedent hier zyn,” hetwelk hy deet. De kanon wert toen hastig uitgetrokken in 3 a 4 schoten ermeden gevuird ter eren van de Presedent.

      In dezelfte (tyd) kwam Cooper in Lydenburg aan in hoor het kanonschoten. Hy zeg to(e)n- „daar neem de kaffers ook al de lager.” Nu kan elk mens wel begryp wat in oproir [oproer] in de dorp was. De Commandant maak toen haas om met de Presedent vord te gaan na Lydenburg. Toen wy in het gezig van de dorp kwam, was de verwarring nog groter daar zy dag dat het de kaffers was die de dorp komen innemen. Ik haas myn toen om vooruit te komen. Maar het was in wonderlyke gezig om te zien houdat de arm vrouwens vlug: een met in half-gekookte pot kos, de ander met in kind in de een in wat beddegoed in de ander hand; een heb weer haar kind in de huis ver-geed! – onbeschryflyk was de opschudding totdat wy inkwam.

      Intussen was daar toen vrywilligers in de forten totdat wy vrede tref met Sekokoeni. Maar kort daarna is de Transvaal toen geannexeer geworden waarop niet lang daarna weder oorlog uitbrak met Sekokoeni in de Engelse.

 

Sekokoeni-oorlog hervat

      De kaffers maak een inval. De heer Labuschagne, woonachtig in Watervalsrivier, heb door de kaffers rapord gekrygen wat de kaffers van plan was. Hy stuird toen in kaffer met in brief om myn te vragen om met myn wagen in ossen af te komen om hem uit te helpen. Ik schryft hem dat ik morgen om 10 uuir by hem zal zyn in stuir toen in ander kaffer om myn ossen te haal by myn buirman. maar nog de een nog de ander is gegaan. Zy heb byden weggelopen. Het wort laad in de ossen komp niet. Omtrend 10 uur in de avond kwam C. Schutte uit de dorp – wy woon op een plaats – in hy komp met dezelfte pad waarmee de kaffer met de ossen moes komen. Ik vraag toen aan hem of hy niet de kaffer met de ossen gesi(e)n heb. Hy zeg: „neen.” Ik vertel toen aan hem wat geb(e)urt zyn in verzoek hem om de ossen te haal – hy en Labuschagne is zwagers. Hy gaan dadelyk vord om de ossen te haal. De volgende morgen gaad wy op weg.

      Daar ik nog geen kwaad vermoed, neem ik niet myn geweer zaam. Toen wy op Diepgezet by J. Venter kwam, hoor wy dat de kaffers alreets een inval gemaak heb; ook zyn beeste was de nag weggenomen. In op de plaats Naauwpoort heb zy ook al de beeste weggenomen in een met de naam Jan Venter vermoord. Hy – Venter van Diepgezet – trag toen myn om te halen in een vrag goed voor hem op te laden naar Lydenburg daar, zooals hy zeg, in ik zelfs begryp, het zeer gevaarlyk zyn om net met ons twee de berg af te gaan. Maar ik zeg aan hem dat ik myn woord eens aan Labuschagne heb gegeven in dat niets myn zal terug houden. Terwyl wy nog spreek zeg hy aan myn: „kyk daar in de overkand van de diep kloof komp in party kaffers naar de pad die de berg afgaan.” Hy geeft myn toen een inviel ryvel [„Enfield rifle"] in wat amunisi maar, zeg hy: „ik weet gy is dood!”

      Schutte in ik gaad toen vord. Ik blyft toen achter in de wagen als de kaffers van achter komen om hen te beveg in hy – Schutte – moes van voor oppas in myn waarschouw als hy de kaffers zied. maar wy kwam de berg vylig af. Toen wy in de nabyheid van Labuschagne's plaats kwam, zag ik omtrend 60 a 70 kaffers voor de huis sied [sit] – allen gewapen – maar geen witmens. Het was juis van de moordenaars die Venter vermoort heb. Labuschagne was dezelfte dag toen hy aan myn schryft, weggevlug naar J. van Kraayenburg, lager in den Watervalsrivier af. Schutte vroeg toen aan myn wat wy zal doen. Ik zeg aan hem: „om nu te vlug is te laad; wy moed nu maar in ander plan maak.”

      Intusken nader wy de kaffers. Ik zeg aan hem: „kyk hier, wees zoo kalm as mogenlyk in – daar gy goed kafferstaal spreek – als wy omtrend tot op 30 treden van hen kamp [kom], zeg aan hen dat zy aan de paarde-comande die hier achter ons komen, dat zy moit gauw kamp, dat ons voorby zyn in als wy zien dat het niet help, zal gy dan tevrede zyn (als?) ik myn bes doen om te veg. maar voordat wy ons overgeeft, dat ik u doodschi(e)t in dan mynself.” Hy zeg: „ja, het is goed, ik ben gewillig.”

      Meteens sprong er 8 van de kaffers op – gewapen – in zy gaad in de ander kand van de pad staan zoodat wy tusken hen moes door komen. Ik dag het is nu de laatsten uuir van ons maar ik zeg toen aan Schutte: „het is nu de tyd om aan hen te zeggen wat ik u gezeg heb,” in hy doet zoo. Het was myn duidelyk te zien dat de kaffers schrik. Wy gaad steets voord. Toen wy juis tusken hen was kwam van de ander kand 6 a 8 paarderuiters van den kand van den heer van Kraayenburg ons tegemoed. Daar de kaffers toen waarschynlyk bevrees was laad zy ons ongehendert door.

      Ik gaad toen door tot by Labuschagne in kwam de volgende dag terug met in vrag goed van den heer Labuschagne tot op de plaats van den heer J. C. Jankowitz, waar wy voorlopig in een laagger staan. Daar aangekomen hoord ik dat my vrouw in al de ander mensen weg zyn naar de plaats Zwagershoek. Ik is toen met de behulp van de burgers myn goed gaan haal in by den heer Jankowitz gebrag, in toen is ik myn vrouw gaan haalen. Toen was de oorlog voor goed uitgebroken. Toen heb ik in nog meer van de burgers voor de troepe transpord geryden zoolang de oorlog geduuird heb – naar Webersfort, Burgersfort, inz., inz.

 

Artilleris in die Eerste Vryheidsoorlog

      Na de eind van de oorlog was het maar in geduirege spanning tusken Bouer in Brit, zooals met het houden van byeenkomste, wegstuiren van dupeitaases, totdat de oorlog uitbrak in 1880.

      Ik was toen met de Lydenburg-burgers die de troepe daar vasleg. Daar was nog twee oude kanonnen, Ou Griet en Slagveld genaamp. Al spoedig kryg ik order om genoemde stukken in order te maken. Ik doet zoo: eers met Ou Griet, die oude teef! Ik had haar eers op twee willen [wielen] maar zy breek als [alles] stukkend als ik met haar schied. Het was ook seer gevaarlyk om met haar te schied daar wy maar zoowat 400 treden van elkander zyn. Ik, met behulp van de burgers, was in het begin met Ou Griet in een kraal van D. Ruiter. Wy maak in opening in de muir, dan laai ik haar achter de muir, in als de schote van de wand in wynig afbreek dan neem 4 van ons haar in zied [zet] haar in de opening. Dan gaad ik achter haar op myn buik leggen in wieg [wig] haar op met houd-wiegte [hout-wigge] totdat ik haar reggestel heb. Het is dikwyls gebuirg [gebeur], terwyl ik zoo achter haar leg, dat de vyand 3 a 4 koegels in haar bek schied. Als ik dan klaar heb dan word zy met in geweer van achter de muir afgeschied. Dan kan men zien hou jong de ou teef is: zy spring tot 4 voed hoog in tot 12 voed achteruit! Dan moet ons haar daar met groot gevaar weer gaan haal in weer achter de muir bring. Ik heb dikwyls de muir stukkend geschied maar dan maak de zoldaten het in de nag weer sterker als het was. Later heb ik haar weer op twee willen gehad. Toen heb ik in ronde gad door de muir gemaak in dan heb in grood plad klip (voorgesit?): zoolang als ik haar laai moet de burgers de gad toe houden met de klip. Daar is het gebuirt dat terwyl ik de lond in de sinsgad steek dat de soldaten het uit myn hand schi(e)t. Ik in nog meer burgers zyn ook gewond geworden.

      Laater heb ik ook met Ou Slagveld geschied. Toen was wy in de zuidekand, omtrend 150 trede van de kamp. Toen was het nog gevaarlyker om te schiet. Zoo heb ik met Ou Griet in Slagveld opgezukkel tot de oorlog tog eindelyk voorby was in 1881.

 

Kommandant en die Mapoch-oorlog

      Ik werd kord daarna gekosen als Asistend Veldcornet. In 1882 wert ik gekosen als Commandant van het destrek Lydenburg. Op dezelfte dag toen ik myn eet [eed] afleg, kryg ik in brief van Genraal P. Joubert dat ik hem moet ontmoet by Mapogs stad. 2 dagen daarna gaad ik vord met G. Coetser in L. Steyn. Toen wy op de plaats van de heer Steenkamp kwam, kan wy duidelik zien hoedat de kaffers met hun plaaden [17] vee in graan intrek na de hoofstan [hoofstad] van Mapoch.

      Wy ontmoet in kaffer, Slak genaamp, in vroeg hem of hy eits weet van de Genraal, waarop hy zeg: „Ja, zullen [zy] is in de hoofstad.” Wy gaad toen door met de kaffer maar toen wy in de nabyheid kwam zag (wy) dat de kaffer ons bedrieg, maar hy hou vol dat de Genraal in de stad zyn. Wy gaad toen in de stad maar Slak was verdwyn. Een van den indoenas kwam toen by ons in zeg aan myn dat wy ons paarde hier moet laad. Wy doet zoo. Hy gaad toen met ons na zyn Captyn. Toen wy in een zoord [soort] van in kraal kwam wert ons gezeg om hier te blyft tot de Captyn komp. Kord daarop kwam hy ook, gaad omtrend 15 trede van ons in klipmuir siet [sit], in laad toen aan myn zeggen dat ik na hem toe moes komen. Nadat wy elkander gegroet heb, vraag hy aan myn waar dat ik heen gaan. Ik vertel hem alles. Hy zeg: „ja, het is goed, maar ik laad u niet weer weggaan.” Nadat wy veel er over gesproken heb, staad hy myn toe om de nag te gaan doorbring waar ik afgezaal heb, maar dan moet ik hem beloof dat ik vroeg de volgende morgen weer by hem zal zyn. Ik beloof het. Hy stuir in wag met ons. De morgen gaad ik hem zien. Nadat wy over een in ander gesproken heb, wil ik vertrek maar hy wyger myn te laten gaan. Nadat wy veel gesproken heb erover, kam [kon] ik gaan als ik hem belooft dat ik met (myn?) terugkoms daar zal aankomen. Ik doet zoo.

      Wy gaad de avond tot by de heer H. van der Berg. Daar hoor wy dat de Genraal op Bothasberg zyn. Wy vertrek de volgende dag in ontmoet toen de Genraal daar. De Britse Resident was toen ook daar in (hy) is de volgende dag zelf met S. Triegardt als tolk, na Niabel – zoo hiet de kaptyn – gegaan, maar hy is maar sleg behandelt geworden. Toen hy terug kwam zeg hy aan Genraal Joubert: „ik zied geen ander kans als hem te schiet!”

      Ik ontvang toen myn orders om de burgers op te komadeert. Op 20 October 1882 kwam de opgekommadeerde burgers op de plaats Boshoek by elkander. Vandaar is ik toen na Steelpoort getrokken om Mampoer te beveg – die in grood oorzaak van de oorlog zyn – daar, na hy Sekokoeni vermoort heb, is hy by Niabel ingevlug (en) door wien hy bescherm werd. Ook wyger Niabel om Mampoer aan ons uit te lever.

      Ik trek toen op. Toen ik by Steelpoort kwam, verneem ik door myn spoejonen dat Marrizaan [18] in Majatje hun volk gestuur heb om Mampoer te help. Ik trek toen derek op na Marrizaan in Majatje. Ik had de geluk hen te verover.

      Daarna is ik toen na Mampoer gegaan maar daar ik met myn veldcornets in burgers onbekend was (en) daar in de nag aankwam – door kaffers gely daarheen – zoo is het myn niet geluk hem daar geheel uit te krygen. Ik ben dezelfte dag nog weer terug getrokken na myn lager in is later weer daarheen gegaan, toen beter bekend met zyn stad. Met dagbreek bestorm wy de kop waar hy in was. Nadat wy boven op de kop kwam, vind wy uit dat hy gevlug zyn na in ander kaptyn, Emkwani [Makwani].

      Ik is toen met myn lager terug getrokken tusken Lydenburg in Mapochsland op de plaats Kalkfontein, waar toen in getrouwe kafferskaptyn, Masa genaamp, (woon) – hy grens aan Mapoch of Niabel. Hy vroeg myn wat hem te doen staad: Niabel wil hebben dat hy een van zyn zusters zal trouw tot bewys dat hy – Maza – met hem zal vrede bewaren in de oorlog. Ik zeg hem toen: „het is goed, trouw maar met zyn zuster.” Daar zullen [zy] niet van een stam syn, in dat ik goed weet dat ik op Maza kan vertrouw, zeg ik aan hem dat ik zyn volk niet zal oproep om te vegten tegen Niabel maar ik zal hem met zyn volk in het gehym gebruik als spoejonen. Hy was ook getrouw geblyven in ik had veel diens van hem, ook na de oorlog.

      Daar het in de begin my voorkwam of de Genraal maar in slig [slegte?] gedagte had van ons Lydenburgers, zoo heb hy myn in het begin van de oorlog maar zeer onvrindelyk behandel, maar door de dapperheid van de burgers in myn getrouwe spejoenen is de zake spoedieg verandert geworden: in ik met myn burgers staad by hem meer in guns als een ander commandantschap. Tot bewys hiervan is het eens gebeurg [gebeurt] dat wy krygsraad had toen de Lager-commandant inkwam in zeg: „Genraal, wat moet ik doen? Ik heb heden morgen het laatsten bees geslag; ik heb niets voor morgen.” De Genraal andwoord: „gaad in neem voor jully beeste af daar by de kaffers, in zoo niet, gaad dan naar Commandant Winterbach, hy heb volop!”

      Het is toen in gewoonte geworden dat de Genraal na myn stuir als hy de waare toestand van zaken wel weet daar ik altoos op de hoogte van zaken met de kaffers door myn spejoenen was, in daardoor in staad om goede slagen in ryke buit te maken. De genraal – of grood-lager – zooals wy het noem – staad toen naby de hoofstad van Mapoch. Vandaar is de Genraal twee malen myn komen bezoek.

      Eens toen hy juis by myn was, was ik klaar om de volgende morgen uit te trekken door Dwarsrivier na in kafferkaptyn, Maropien genaamp. Elk veldcornet is als gewoonte door myn aangezeg houveel burgers hy moet leverd maar wy hat altoos veel mooite met de burgers die in de lager moes blyven: zy wil allen zaam gaan. De laatste maal nog toen de Genraal by myn was, terwyl wy in myn tend sad te praten, kwam de burgers een na de ander om myn te vragen om tog ook zaam te gaan. Ik wygerd daar ik weet dat de veldcornets de ju(i)ste getal aangezeg heb. De Genraal zeg toen aan myn: „ik ben waarlyk verstom om de moet van de Lydenburgs burgers te zien.” Hy zeg: „by myn in de laager had wy zoms moite om genogzaam burgers uit te krygen en gy heb moite om ze terug te houden!”

      In de laatsten oorlog heb ik veel onaangenamheid gehoord van menschen die de Lydenburgers slegmaak in daar ik maar alte goed weet dat zy onschuldig sleggemaak worden. Nu weder, na Mapoch.

      Tusken de grood-lager in Mapochs hoofstad is in spits kop, goed beschans. Van de kop is in kliprand die altoos goed bewaak is door de kaffers. Een of twee aanvallen is beproef op de kob door de burgers maar mesluk. De Genraal heb toen besluid om in tonnel onder de kob te maak in het op te blaas. Als men het genoemde kob heb, val Mapochs hoofstad heel gemakkelyk in ons hande.

      Terwyl zy beeseig [besig] was om te tonnel, heb ik altoos myn speojonen uit. Op in dag kwam een van hen by myn met in bootschap van Niabel – de hoof van de stam van Mapoch – dat hy myn in man(d)je vol goude ponde in een vol diamante zal geven als ik hem vrede wil geven maar dan moet ik hem in zyn stad laten blyven. Ik laad hem weeten dat de Genraal er niet meden tevrede zal zyn: hy moet hem overgeven, maar daar had hy geen luis [lus] toe.

      Laater kwam myn spoejoen in zeg aan myn dat, zedert met de tonnel besig is, de kob in de dag niet meer zoo goed bewaak worden, vooral middag om 12 uuir is er zoms maar een of twee kaffers op; maar van 5 uuir in de namiddag tot 11 in de morgen word het goed bewaak. Ik heb het van toen af beter laten spejoenen totdat ik zeker was van de waarheid hiervan. Het heb omtrend in maand gediurd. Toen is ik met twee van myn burgers, H. Kotzee in O. van der Merwe, [19] na de groot-lager gegaan. Daar aangekomen vertel ik in het gehym als wat ik weet aan Commandant H. Pretorius, in zeg aan hem als hy gewillig zyn om met myn zaam te gaan – ik heb in plan om vandag de Spitskop in te nemen. Dat hy gewillig was behouf niet gezeg te worden! Wy nam elk 3 man. Wy vraag toen aan den Genraal om verlof om na de tonnel te gaan. Hy zeg ons kan gaan maar dat hy vrees dat ons twee zal gaan om kwaad te doen, maar ik verzeker hem dat wy niets zal doen.

      By de tonnel gekomen, gaad wy er in om geen achterdog te geven, waarna wy ons in de gehym verwyder. Elk met 3 man sterk: ik moet van de weste- in hy van de zuide-kand de kob beklim. Het was voorwaar in zwaar zaak om zoo in goed be-schanste kob te beklim, maar wy kwam er op – byna gelyk boven. Er was 2 a 3 kaffers maar verschrik op de vlug gaad: zy vlug in de noord-ooste kand van de kob af, waar zy een plek met een leer moes afklim. Daar was wy toen op de kob! Wy stak twee hutten die daar was in brand in schid ons geweers af hetwelk uit de lager duidelyk gehoord in gesien kan worden. De Genraal vroeg to(e)n aan O. v. d. Merwe: „waar is jouw Cont? [Komdt.]. Hy zeg: „daar is hy op de kob!”

      Het was toen de moeite waard om van de kob het gewoel in de lager te zien: het was als miren uit hun nes, zoo kamp de burgers uit de lager. Die wat in paard byderhand had, kwam ermede, ander kwam te voed, zelf(s) de Genraal kwam te voed tot waar hy O. v. d. Merwe met myn paard ontmoet, hetwelk paard hy toen nam in aankwam. Wy klim toen van de kob af daar de kaffers als miren uit de kliprand vlug naar hun stad daar zy niet weet houveel wy op de kob zyn.

      Onder de kob ontmoet ik de Genraal in geeft hem myn hand in wens hem geluk. Ik zeg toen aan hem: „Genraal, daar heb gy nu de sleutel van Mapochs land!” Hy was zeer verblyd in dank myn hartelyk ervoor. Terwyl wy nog met elkander spreek, kwam in raportganger uit de stad met in wit vlag: Niabel laad vrede vraag. De Genraal zeg toen aan hem: „gaad terug en zeg aan Niabel dat hy zelf moet uitkomen.” De volgende dag kwam hy uit in het was vrede.

 

Opsporing van Maklim

      Zyn broeder die hem moes opvolg – Maklim genaamp – was gevlug in de gebergte naby Maza. Wy heb toen gedag dat hy – Maklim – met in comande jonge kaffers weg was, zoo was de Genraal bevrees dat hy de land weer moeite zal aandoen (en) zoo heb hy toen een hondert beeste uitgeloot aan de perzoon wie Maklim vang. Ik had toen weer gebruik gemaak van myn spejonen en kryg door hen ook elk week tydind [tyding] waar hy zig ophouw. Ik heb toen aan Maza laten weten dat hy zyn bes moet doen om Maklim naar zyn stad te lokken in myn dan ervan in kennis te stellen. Ik was toen tehuis.

      Intusken is ik toen naar Watervalsrivier gegaan om te ploeg. Nadat ik daar omtrend in dag of 5 was, kwam de kaffers myn zeggen dat Maklim nu by Maza in de stad zyn. Ik laad aan Maza weten dat ik overmorgen, als de dag breek, daar zal zyn.

      Ik had geen paard by myn, in moes te voed naar huis gaan. Zoo heb ik in harde 5 uuir te paard, te voet af te leggen. Ik kwam om 11 uuir in de avond tehuis aan in stuir nog dezelfte nag uit om 12 burgers op te roepen. Om 5 uuir den volgende dag namiddag is ik vertrokken. Ik moes de helen nag doortrek om op myn tyd daar te zyn. Ik heb eenmal in half uuir afgezadel. Toen ik in de gezig van de kaffer-kraal kwam, omtrend 800 treden, begon het al ligh te worden. Vandaar moes wy jaag zoo hart de paarde kon loop.

      Toen wy daar aankwam, heb ik de burgers rondom de stad op wag geplaats. Ik is toen ingegaan waarop Maklim toen na myn toe kwam in aan myn zeg: „gy heb myn bedrieg anders was ik niet in u hande. Heb gy voor myn in zopie?” Ik zeg: „ja,” in gaf hem in zopie. Hy had maar 8 kaffers by hem in zyn vrouwens – 10 in getal. Ik vertrek met hem omtrend 2 uuir in de namiddag tot op de plaats genaamp Grootboom. Daar blyft wy toen de nag. De volgende dag heb ik hem op Lydenburg afgeleverd maar tot myn spyd heb ik nooid de 100 beeste gekrygen, niettegenstande ik er aanzoek om deet.

      Dat ik zeer gelukkeg was met behulp van de burgers in de Mapoch-oorlog zal hieruit blyken: van al de buit die ik maak geeft ik twee delen aan de burgers in een deel aan de regering. Uit die een (deel?) heb ik myn slagvee (genomen?) en heb veel voor contand gekog, zooals schoene, kleren, kofve [koffie], zuiker, inz., inz., in ik had nog over de 500 ponde, behalve wat nog uitstande was. Ik overhandig de geld toen aan de landderos van Lydenburg. Hy geeft myn in kwitansi ervan. Het was in 1883.

 

Jagtog in die Laeveld

      De volgende jaar – in 1884 – is ik met H. Jansen op in jag gegaan over de Lebombo. Ik was zoo nus(g)irig om in kameel [kameelperd] te zien – ik heb het nog niet gezien.

      Op in dag was wy tezamen te paard uitgegaan in den anderkand van de Lebombo. Toen wy naby in plek dikke bomen kwam, zeg Jansen aan myn: „daar is wield [wild] tusken de bomen!” Wy dag dat het wildebeeste was. Wy nadert tot omtrend 50 treden toen ik tot my verwondering de bewegeng van de kamelen boven tusken de takken zag. Zy vlug toen uit in wy achterna. Toen wy om de plek bossen kwam: hier staad zy op in kaal plek – 14 in getal. Wy spring toen van de paarde af. Hy zeg aan myn: „schi(e)t!" Ik vraag hem: „wat is het? Diet is mos de antiekris!” – zoo wonderlyk was de vertoning. Hy zeg weer: „schiet!” Ik schiet toen, maar glad mis. Ik dink myn kogel trek nu nog! Hy schied ook mis. Toen loop zullen hard in wy achterna. Toen was myn schrik geheel over: wy schid toen 7 ervan dood.

      Myn paard, houwel in goede schiet- of jag-paard, was hy tog bang voor de kamelen daar het ook de eerste maal is dat hy de antiekris zied, in daardoor veel malen in de vollen vaard schrik, of opzy spring, waardoor ik bezeerd was in myn rug. Twee dagen later gaad wy weer uit met ons 3 – Jansen, G. Fourie [20] in ik. Wy kryg twee kamelen maar daar myn rug nog zeer was heb ik niet lus de kamelen te achtervolg. Ik zeg toen aan myn twee vrinden dat zy de kamelen moet achtervolg – ik zal stadig aankomen.

      Het heb niet lang geduirt of ik zied dat de kamelen hen ontloop. Daar ik wis dat myn paard de beste hartloper zyn van de 3 paarden, waag ik het om de kamelen na te zed, daar in de verte voor ons zeer dieppe sloten was in de kamelen reg erop afloop. Ik haal hen in juis toen zy de wal afspring. Ik laad de paard achter hen afspring. Wy kwam tezamen in de overkand uit. Ik spring toen van de paard af, op omtrend 6 treden, in schiet als gewoonlyk de kameel de h(e)upen an stukkend. Zooals de gewoonte met zoo in schot, val in kameel achterover; het was zooveel als ik kan doen om uit de pad te komen om niet gedood te worden. Zy was 21 voed van haar hoef tot haar kob.

      Den volgende dag gaad wy met de Komatirivier af om zekoin [zeekoeien] te schiet. Wy huir 3 van de kaffers die daar woon om ons aan te wys waar de zekoeien blyft. Het is vreselyk ruig daar langs de rivier – men kan niet anders als met in zekoepad aan de rivier komen. Nadat wy veerschydende malen in en uit de rivier tevergeefs was, roep een van de kaffers ons in wys ons omtrend 20 zekoein die leg te slaap op de sand, maar op de kand van in zekoegad. Myn twee vrinde besluid dat ik de eerste schot zal doen. Ik tref het zeer gelukkig in dood in groot bul. De ander vlug toen de water in. Wy loop toen tot op de kand van de gad daar in zekoe niet lang onder water kan blyft moes wy van de gelegentyd gebruik maak als zy ha(a)r kop uit de water steek om vars lug te krygen. Wy schied nog een op die manier. Terwyl wy daar seid [sit] kwam in krokedel in trag ons te vangen. Daar wy hier zyn om zekoein te schied bewys wy de krokedel allen eerbiet in gaad wat verder van de water seitten. Wy schied toen nog een. Daar het al laad was moes wy terug gaan tot naar in kaffer-kraal ver de nag, om de volgende morgen terug te komen om de zekoein te bewerk.

      Met ons terugkoms, na aan de rivier onder zeer groote boomen, kamp in party rooibokken ons voorby. De kaffers, begerig als zy zyn, vroeg myn om er een voor hen te schiet. Ik sprong toen van my paard in moes nog in tree of 10 loop voor ik kon schiet, toen opeens 2 van de kaffers aan gehartloop kwam in myn a(a)n de arm pak, zeer verschrik. Ik wis niet wat het te beteken had. Ik vraag hen: „wat is het?” Zy kon eers niets anders uitkryg als: ..baas!, baas!” in wys voor myn op de grond. Toen on(t)dek ik de gevaar waar ik byna in zyn. Ik was op de kand van in vanggad – in vanggad is wat de kaffers maak om er zekoein in ander wilt in te vangen. Het word tot 12 voed diep gemaak in dan word al de los grond er weggenomen in dan plaats zy van zeer harde houd, scherppe pennen onder in de gad van 2 tot 3 voed. Zoo wat er ook mag inval, is dood. Dan word het van boven eers met riet in dan met droge blaren zorgvuldig toegemaak. Zy bewerk het zoo goed dat het niet mogenlyk zyn om het te zien. Om myn dankbaarheid te bewys heb ik de twee kaffers 5/- gegeven.

      Twee dagen nadat wy terug was, is G. Fourie in ik uitgegaan om weer te schied. Maar laad ik eers u vertel: voordat ik nog van huis zyn gegaan kwam myn buirman, J. J. Olivier, by myn in zeg aan myn dat hy in paard heb die hy dag dat gezoud zyn, in vraag myn of ik de paard wel zaam neem om te zien of hy wel gezoud is daar het zeer ongezond zyn voor paarden in de lagenveld. Maar het was in bedorve paard – hy zeg myn er niets van. Had ik het geweten, ik zouw in sterk toom genomen heb, maar nu had ik maar een gewonen toom. Ik had de paard nooit voorheen geryden – het was de eerste maal. Wy was niet ver vans kamp toen wy in party kamelen, blauwwildebeeste in kwaggas kryg. Wy sprong af in schiet. Ik wond in kameel, sprong weder op om het te achtervolg, maar moeni gloo nie! De paard gaad met myn op loop – hou aan hem help niets. Niet te ver of ik was myn hoed kwyd. Ik was op de pund om myn geweer weg te smyd. Ik was tusken de wild door, toen moes ik maar ver myn leven zorg om de paard tusken de bomen in stompen door te stuir om niet van de boomen in stompen verscheurd of gedood te worden. My broek was zoo goed als van myn gescheurd. Na omtrend 2 mylen kwam ik by in kob – de kaffers noem het „De Bottel.” Ik stuir de paard toen tegen de kob uit; daardoor kryg ik hem tot steilstand. Myn vrind is myn nagekomen – ik ontmoet hem onder de kob. Wy is toen met de spoor terug om myn hoed te zoek hetwelk wy kryg. Ik was verblyd daar de zon zeer warm was. Wy kryg toen ook de gewonde kameel; ik schied haar dood. Ons kaffers kwam toen ook die het vlees na de wagens draag.

      Toen wy terugkwam vertel ik aan Jansen wat voorgeval was, maar hy lag myn uit in zeg: „acht, jy kan geen paard ryden!” Ik zeg: „het (is) goed, als wy weer uitgaan kan u de paard reden.” „Afgesproken,” zeg hy.

      Twee dagen later gaad hy in ik weer uit. Wy kryg twee kamelen; zy blyft staan tot wy onder schot was. Wy spring toen af; in deselfte tyd vlug de kamelen. Ik schied de een dood maar hy, door de bossen verhendert, kan niet schied. Wy spring op de paarde om de kameel na te jaag. Ik heb hem niet weer gezien als na omtrend twee uuir! In de tyd heb ik de ander kameel ook doodgeschied. Toen hy terug kwam vraag ik hem: „waar was jy al de tyd?” Hy zeg: „ik zal de vuilis nooit weer ry!”

      Toen wy twee dagen later opbreek – daar ons wagen in een plek diekke gras staan in ons onder de wagen slaap – was daar een lepel weg. De kaffers krap toen de gras weg, maar niet de lepel, maar in monster van in pofader vind zy daar! Hy was dood maar nog vars. Ik dink de wagen heb hem raakgetrap in wy heb hem verder doodgeleg.

      Met ons terugkoms in deze kand van de Lebombo, aan de Krokodilrivier, was Jansen in ik by elkander toen hy aan myn zeg: „kyk, daar staad twee waterbokken.” Wy was in zeer hoge gras. Wy gebruik toen alle voorzorg om niet van de bokken gezien te worden (en) nader hen achter hoornen tot omtrend op 100 treden, toen wy ontdek dat het twee leeuwens zyn! Daar het niet mogenlyk was om vandaar te schied – als wy op de grond zyn is de gras te hoog, kan wy hen niet zien – maar in de ander kand van hen is de grond wat hoger. Wy moes omtrend op 50 treden van hen voorby gaan om op de plek te komen waar wy wil wees. Toen wy regover hen kwam gaad de een plad leggen – waar zy was is de gras maar omtrend een voed hoog. Toen wy op de plek kwam bind wy de paarde aan elkander vas. Jansen zal schiet daar ik moes wag als zy ons storm – zooals in leeuwen gewoonlyk doet als men hem niet dood – maar juist toen hy wil schiet gaad de ander ook plad leggen. Hy zeg aan myn: „ik zied niet kans om te schied.” Ik probeer toen en tref hem tusken de nek in de blad. Zy sprong toen op in nam de vlug maar daar de gewonde niet zoo hard kon vlug, had ik in kans om hem in twede schod te geven voor hy in de hooge gras was, hetwelk hem doode. Jansen schied op de ander een maar mis hem in hy kwam vry.

      By de Siepberg [Skipberg?] kryg wy de nag in geweldieg donderstorm, maar het duirt gelukkig niet lang. Zoodra de regend maar in wynig over was, gaad ik om weer houd op de vuir te leg daar ik bang was dat de leewen van de donker gebruik zal maak om tusken myn ossen in te komen. Ik moes by de vuir voorby gaan om houd te krygen. Ik hoor iets voor myn maar het was zoo donker dat ik niets kon zien maar tot myn geluk – het weerlig toen nog – ik blyft staan in zag toen in de weer-lig in grood leewen voor myn staan, 3 voet van myn af: nog een stap in ik was in zyn bek! Ik roep na Jansen in zeg aan hem: „bring myn geweer, hier is in leewen!” Hy zeg: „staad stil!” Maar hy kamp meteens met de kaffers aangeloop, elk in stomp vuir in de hand. Diet jaag myn vriend toen op loop.

 

Kommandant van die Rydende Polisie: na Delagoa-Baai

      In 1886 is ik naar Barberton gegaan als Comt. van de Rydende Poelis. In Augustus 1888 is wy met ons 6 naar Delagoa-Baai gegaan: Landderos J. Z. de Villiers, Dr. Neethling, J. Marks, P. Smith, G. Fourie in ik.

      By ons terugkoms – ons paard heb wy by Movene-stasie gelaad daar de tryn toen nog maar tot daar loop – wou wy door Komatipoort kom naar de Hollanders-engenirs die toen daar bezig was met opmeten van de lyn voor de spoorweg. Ik was er op tegen om door de poord te gaan daar ik wis dat het byna onmogenlyk zyn om met in paard er door te komen, maar myn vrinde had zin om er door te gaan. Ik geeft toe.

      Met de grootste gesukkel in met grood gevaar voor ons paarden, kwam wy, toen de zon ondergaan, door de poord met de hoop dat dar in schuit was waarmede wy de rivier kon overgaan. Maar tot ons aller teleurstelling was daar geen schuit, in zonder in schuit was het niet zoo gemakkelyk om er over te gaan, in zeer gevaarlyk, daar de rivier vol zyn van krokedellen. Wat nu gedaan?

      Ik zeg aan myn vrinden: „laad ons eers de paarden water geven,” – daar wy juis by in plek aan de rivier was waar wy gemakkelyk de water kan bykomen, daar hoger-op ve(e)l riet an de kand van de rivier zyn die ons zal belet om by de water te komen. Wy nam toen de paarden in bring zullin in om te drinkken. Daar op diet plaats veel klippen in de rivier zyn, zoo gaad wy van klip tot klip in de rivier terwyl ons paarde nog drink. Meteens kwam in krokedel tusken ons uit de water ten voorschyn. Maar het was of wy meteens vlerke had zooals wy eruit kwam in de paarde verwydert. Wy kwam gelukkeg net met de schrik eraf.

      7 mylen hogerop is Komatidrif: daar heb wy ons geweers gelaad toen wy naar Delagoa-Baai gaan – diet is de oude wagen-pad – daar was toen in grood handelsplek.

      Behalve ik had my rewolwer by myn: wy besluit toen om maar vort te gaan tusken de rivier in Lebombo, zonder pad, geheel door woestyn totdat wy in de pad kamp [kwam] van Delagoa-Baai. Het wert toen donker. Wy was niet ver gegaan, sied ik in voedpad van wild-dieren die na de water gaan. Ik klim van myn paard af in steek lieg aan om te zien of daar niet menschen- of paarden-sporen zyn, maar niets als in fars leeuwen-spoor. De landderos zad op zyn paard maar in de licht kan hy de spoor zien, maar hy kan niet zien wat voor in spoor het was. Hy vraag toen aan myn wat voor in spoor het was. Ik wou het niet bekend maak. Ik zeg: „acht, Landderos, het is maar in bokke.” Hy zeg: „ik meen te ze [se], Comt., het moet dan in v .... d.m grood bokke wees!''

      Wy gaad verder, omtrend in halfmyl, toen opeens in leewen ons van voor bestorm. Wy spring toen van de paarde af maar daar staad wy toen zonder in geweer, slegs in rewolver. Hy dryg ons elk maal tot op 3 trede. Meteens kwam er nog een van achter. Nu was de gevaar grood! Marks zeg aan myn: „ik zal u £50 ponde geven als u een paard loslaad zoodat wy tog kan on(t)slagen worden van de leewen.” Ik zeg aan hem: „neen, laat zy in paard afneem, ik geeft het ni(e)t goedwillig.” Hy vraag: „wat dan?” Ik zeg: „laad wy vuir maak.”

      Daar was volop houd in de nabyheid van ons maar op de plek waar wy toen was, is geen houd. Met groot moeite kryg wy tog in klyne vuir op. Met behulp van de vuir zyn wy in staad gesteld om meer vuir te maak. Zoodoennende heb wy de twee leewen altoos verder van ons af gekrygen. Zy geeft de ............ [21] maar ik had het zwaar in was reg ongelukkeg met sprinkanen, droogte in rinderpes tot de laatsten oorlog uitbrak.

 

By Komatipoort: Tweede Vryheidsoorlog

      Ik is toen naar Komatipoort gestuird als Comt. van de spoorlyn, vandaar tot naar Kaapmuiden. Behalve in paar malen, hat ik meer uit te staan met de koorsziekte als met de vyand.

      Ik had ook soms ontmoetengs met de zekoein die daar nogal volop was daar zullen beled was om te schied. Het is dikwels gebuird als ik in de nag vanaf (?) naar de brug gaad dat ik hen ontmoet. Onder al kwam ik een nag om een uuir van de brug toen ik in zeer grote ontmoet. Hy wou eers niet voor myn pad geven. Ik zeg toen by myn zelf aan hem: „maar weet jy dan ook van de proklemasi dat ik jou niet mag schiet!” Nadat ik omtrend in kwart uuir blyft staan heb, is hy eers weggegaan. Ressano Garcia is in Portugese stasie net op de lyn van de Transvaal. Ik kwam dikwyls daar. Op in dag was ik weer daar toen ik den heer T. Sanderson daar ontmoet. Hy vraag myn of ik ook verlang na vrede. Ik zeg: „ja zeker." Hy zeg aan myn: „ik zied kans om in 14 dagen vrede te hebben, als u wil.” Ik vraag hem: „hou zal gy het regkrygen?” Hy zeg: „geeft myn de kans om de brug van Komatipoort op te blaas, dan kan daar geen invaar [invoer] zyn in de Transvaal; dan is de burgers verplig om op te geven van honger als daar geen invooir [invoer] zyn. Ik zal u fyf in twintig duisend ponde geven.'' Ik zeg aan hem: „ook niet hondert in fyf in twintig duisend ponden; in het is u geluk dat wy op Portugese gebit [gebied] zyn anders zal gy de kans niet hebben om de ofver twee malen aan myn te maken.” Hy zeg toen aan myn: „jy is de domste man die ik nog ontmoet heb; jy is de baas hier; wy kan het zoo bewerk dat nimand er van zal weet.” Ik zeg: „het is goed, maar ik is geen verrader, en ook hou zal ik het voor myn gewete verberg.”

      In paar dagen later was ik zoo ziek dat ik na de hospitaal moes gaan. Ik laad Comt. Lategaan toen in myn plaats. Toen ik terug kwam verteld hy myn dat dezelfte man ook aan hem de ofver gemaak heb, maar hy heb ook gewyger. Ik had in plan met hem – Sanderson – om hem in hande te krygen maar hy is toen vandaar weggegaan naar Natal. Ik is daar geblyft tot de troepe tot daar doorgebroken zyn. Toen is ik met Veldcornet Maritz door de Bosveld getrokken tot in de zuidooste kand van Lydenburg. Op ons weg hierheen had wy een aanval waarin wy 23 paarde, ossen in muilen dood in gewond had; een man dood in een gewond; wat de vyands verli(e)s was weet ik niet.

      Daarna had wy nog in paar gevegte. Ook een nag is ons aangevallen door in party kaffers maar geeneen van ons is beschadig. Ik had 3 a 4 kogels door myn kombaars waaronder ik slaap in een door myn schoen. Daar wy later nog wynig by elkander was, is wy rond gejaag als wildbokken, een kloof in, in de ander uit. Eenmaal is wy in een houdbos vasgekeerd geworden voor 3 dagen in 3 nagte. Het was vrezelyk koud in de bos in wy kan slegs maar in de nag vuir maak. In de dag seid [sit] wy zonder kos of vuir in de koude. Het was in blydschap om weer in de vryen luch te komen. Daarna had wy weer volop kos totdat het vrede was. Toen wy ons wapens moes afleg op 14 Juni toen was ik zoo arm in byna zoo naak als toen ik geboren was.

 


[1] Geslacht-Register der Oude Kaapsche Familiën, deel 3, bls. 612.  [Terug]
[2] Kleef (oftewel Cleve in Duits) is ‘n stad in Duitsland, aan die grens met Nederland.  [Terug]
[3] H. C. V. Leibbrandt, Requesten (Memorials), 1715 - 1806, onder die letter „W”  [Terug]
[4] Sy was die dogter van Jacob Jacobus Malan (bygenaamd „Jacob Kaffer”), geb. 16.1.1820, oorl. 19.1.1917. Hy het op die plaas Waterval, naby Boshoek, gewoon. Dis hier waar die Voortrekkers eers van plan was om die dorp Lydenburg aan te lê.  [Terug]
[5] Hy was getroud met Hester Malan, 'n dogter van Jacob „Kaffer” en was dus 'n swaer van Winterbach.  [Terug]
[6] Jacob „Kaffer”.  [Terug]
[7] Watervalsrivier – die streek langs hierdie vallei word ook na verwys as „Watervalsrivier”, of kortweg „Waterval.”  [Terug]
[8] Kon hy die regte koers inslaan  [Terug]
[9] Johannes Jacobus Schutte is in 1870 op die plaas Roodewalshoek oorlede. Hy was getroud met Hester Aletta Minzina Viljoen en was 'n swaer van Jacob „Kaffer.”  [Terug]
[10] Dit moet 'n vergissing wees aangesien die stat sowat 11 myl (reguit gemeet) ten noord-noordweste van Lydenburg, op die plaas Rietvallei geleë is.  [Terug]
[11] Johannes Stephanus Lombaard (16.11.1841 - 17.8.1891), boer en meulenaar; volksraadslid vir Lydenburg van 1881 - 1884.  [Terug]
[12] Lucas Johannes v. d. Merwe (21.9.1853 - 7.9.1923), weginspekteur in die Z.A.R.  [Terug]
[13] Waarskynlik word bedoel dat hulle „gelukkig daarin geslaag het.”  [Terug]
[14] Dit moet ook 'n vergissing wees: die Swasies het oor Lydenburg getrek en word „suidekant” dus waarskynlik bedoel. Die onmiddellike bestorming van die stat deur die Swasies kan desnoods ook as van die westekant beskryf word.  [Terug]
[15] Jacob (Jaap) Johannes Kruger, geb. te Lydenburg op 30 November 1854 en aldaar oorlede op 4 Januarie 1944.  [Terug]
[16] 'n Seun van die reedsgenoemde J. J. Schutte.  [Terug]
[17] Plate, d.w.s. kuddes.  [Terug]
[18] Die Bapedi spreek die naam uit „Marishanê”.  [Terug]
[19] Okker van der Merwe, 'n broer van die reedsgenoemde Lucas J. van der Merwe.  [Terug]
[20] Gys Fourie, 'n lid van die Rydende Polisie.  [Terug]
[21] Bladsy 32 van die manuskrip word hier vermis.  [Terug]